Kruiners maak hul harte oop

Volgens voormalige klubpresident, Sandy van Heerden vorm dié donasie deel van hul sagtespeelgoed-projek.

Op Donderdag, 14 Junie is die Lions Klub van Wilropark uitgenooi om ‘n spesiale besoek by Laerskool Helderkruin af te lê.

Danksy die ruim harte van die Kruiner-leerders en -ouers was die Kruiner Gemeenskapsraad in staat om ‘n groot donasie van sagte speelgoed aan die klub te oorhandig. Volgens voormalige klubpresident, Sandy van Heerden vorm dié donasie deel van hul sagtespeelgoed-projek.

“Die speelgoed is perfek vir ons projekte vir onder andere siek, getraumatiseerde en mishandelde kinders. Dit sal soveel liefde en vertroosting vir hulle bring. Ons was vreeslik opgewonde en so dankbaar om die skenking van die pragtige speelgoed te ontvang.” het sy vertel.

“Daarom wil ons almal bedank wat deel gehad het aan die projek – dankie vir die omgee en dat julle ons help, om ander te help. Julle maak die verskil.”

Sandy van Heerden, Sibella Grobler, Zantè Yzelle en Susan Labuschagne. Foto: Verskaf.

Lions Sandy, Susan Labuschagne en Christine van der Pijl het die donasie ontvang.

Die Kruiner Gemeenskapsraadslede is trots op elkeen wat bygedra het tot die projek en wil daarom almal bedank wat hul harte oopgemaak het vir kinders in nood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version