Local newsNews

Jong Hories ontmoet hul helde

Die leerders is boonop bederf met 'n vertoning deur die honde-eenhede.

Op Dinsdag, 14 Junie het Laerskool Horison se Graad 1-maats en hul Sonskynlandmaats ‘n opwindende besoek van die gemeenskap se beskermingsdienste ontvang.

Talle beskermingsdienste het die skool besoek. Foto: Verskaf.

Gedurende die geleentheid het plaaslike polisie, ambulansdienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye en honde-eenhede die leerders bewus gemaak en meer vertel van die dienste wat hulle aan die gemeenskap lewer.

Die leerders is boonop bederf met ‘n vertoning deur die honde-eenhede en het selfs beleef hoe ‘n opgeleide hond verbode middels uitsnuffel en hoe ‘n ‘skelm’ gevang word.

Die besoek skakel in by die beskermersberoepeweek wat by Sonskynland gehou is, en het gevolglik die potensiële polisiemanne en brandweermanne die geleentheid gebied om hul helde eerstehands waar te neem.

Een van die honde-eenhede se lede in aksie. Foto: Verskaf.

“Die kinders het dit terdeë geniet en sommer baie geleer. Laerskool Horison sê baie dankie aan al ons beskermingsdienste wat ons elke dag veilig hou,” het die skool se Annamien Smith ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button