NewsSchools

Florrie skuts op pad na Engeland

Marko se afrigter, Herman Buys is saam met Anya se afrigter, Annerien Snyman trots op die Florries en hul uitstekende vordering.

Twee Hoërskool Florida-skuts het onlangs groot opslae gemaak op die skietbaan en is gevolglik gekies om hul land by die British Junior Internationals (BJI) in Bisley, Engeland te verteenwoordig.

Anya Theart en Marko Boshoff is twee van Suid-Afrika se top 21-skuts, en is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) gekies om internasionaal deel te neem. Hulle sal van 1 tot 12 Augustus hul vaardighede op die proef stel.

Anya Theart en Marko Boshoff is opgewonde om hul land te verteenwoordig. Foto: Alanicka Lotriet.

Alhoewel Marko dié sport eers verlede jaar begin beoefen het, het hy sommer gou vir homself naam gemaak. Dié 14-jarige pistoolskut is reeds verlede jaar in die Gauteng-span opgeneem, waarna hy deurgedring het na die SA Kampioenskappe. Hy is boonop vroeër dié jaar as medekaptein van die pistoolskuts aangewys. Sy hoogste telling vir pistoolskiet is tans 363/ 400.

Dit is ook die tweede jaar dat Anya, ‘n Graad 10-leerder aan geweerskiet deelneem. Die 15-jarige spog reeds met ‘n persoonlike beste van 548 in die 3P afdeling, en 10M 356 met 2 x 100 kaarte. Sy het vertel hoe passievol sy oor die sport is en nie kan wag om haar skool en land se naam by dié gesogte geleentheid hoog te hou nie.

Anya Theart is opgewonde op haar land te verteenwoordig. Foto: Alanicka Lotriet.

Marko se afrigter, Herman Buys is saam met Anya se afrigter, Annerien Snyman trots op die Florries en hul uitstekende vordering.

“Ons is verskriklik opgewonde saam die kinders, en ons glo dat hulle nog baie ver in hul loopbane sal vorder. Ons wens hulle alle sterkte toe met die kompetisie en raai hulle aan om net hul beste te gee – en hulself te geniet,” het Annerien vertel.

Marko Boshoff is opgewonde om sy land te verteenwoordig. Foto: Alanicka Lotriet.

Dié toer gaan beide leerders egter R55 000 elk uit die sak jaag, en hulle moet self die geld insamel. Indien jy wil help om twee toegewyde jong skuts se drome te bewaarheid, skakel gerus vir Daleen Boshoff by 082 770 8135, Sonja Theart by 083 950 8313 of Herman by 072 799 7955.

Related Articles

Back to top button