NewsSchools

Roodie-akrobaat op pad na Spanje

In die uitdunrondte wat in Maart plaasgevind het, het dié sewejarige in die o.12-ouderdomsgroep deelgeneem, en boonop 'n gouemedalje verower.

Laerskool Roodekrans se Amelie Raats is onlangs in die Suid-Afrikaanse Akrobatiese Dansspan ingesluit.

In die uitdunrondte wat in Maart plaasgevind het, het dié sewejarige in die o.12-ouderdomsgroep deelgeneem, en boonop ‘n gouemedalje verower. Sy het sodoende gekwalifiseer om haar land van 24 Junie tot 2 Julie by die Dance World Cup in Spanje te verteenwoordig.

Amelie Raats met haar toekenning. Foto: Ingestuur.

Amelie neem ook deel aan akrobatiese sport en het op Saterdag, 28 Mei aan die Sentraal Gauteng Kampioenskappe deelgeneem waar sy met ‘n eerste plek weggestap het.

Amelie sien baie daarna uit om aan dié nasionale kompetisie deel te neem waar sy hoop om ook die SA-span te haal.

Amelie Raats op die verhoog. Foto: Verskaf.

Die skool is trots op die leerder en vertrou sy sal nog hoër hoogtes bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button