Roodies vaar goed by karatekampioenskappe

Die skool is trots op die Roodies wat hul beste gegee het.

Laerskool Roodekrans spog met vier leerders en een onderwyser wat onlangs uitgeblink het op die dojo-mat.

Onderwyser Chané Lemmer by die kampioenskappe. Foto: Verskaf.

Op 20 en 21 Mei het dié toegewyde karatekas aan die Suid-Afrikaanse JKA Karate Nasionale Kampioenskappe deelgeneem waar hulle uitstekend gevaar het.

Natalie Conradie by die kampioenskappe. Foto: Verskaf.

Hul prestasies is soos volg:
• Dreyer Strauss verower bronsmedaljes in sy ouderdomsgroep vir Kata en Kumite.
• Kiara Smit verower ‘n gouemedalje in haar ouerdomsgroep vir Kata.
• Natalie Conradie verower ‘n bronsmedalje in haar ouderdomsgroep vir Kumite.
• Burgert Louw verower bronsmedaljes in sy ouderdomsgroep vir Kata en Kumite.
• Onderwyser Chané Lemmer verower gouemedaljes in haar ouderdomsgroep vir Kata en Kumite. Sy ontvang ook ‘n bronsmedalje vir haar Freestyle Kumite.

Kiara Smit by die kampioenskappe. Foto: Verskaf.

Die skool is trots op die Roodies wat hul beste gegee het.

Burgert Louw by die kampioenskappe. Foto: Verskaf.
Exit mobile version