Plaaslike danser gekies om SA te verteenwoordig

Die 12-jarige het dadelik verlief geword op dansstyle soos Modern Contemporary, Freestyle en Slowdance.

Om te dans was nog altyd vir Laerskool Helderkruin-leerder, Liamanté Nel tweede natuur.

Liamanté Nel leef haar passie uit. Foto: Team Optics.

Sedert sy op die ouderdom van ses by Dancecorp Dance Studios aangesluit het, was dit vir Liamanté moeilik om van die dansvloer af te bly. Sy het dadelik verlief geword op dansstyle soos Modern Contemporary, Freestyle en Slowdance.

Liamanté Nel dans haar hart uit by die Gauteng Provinsiale Danskampioenskappe. Foto: Team Optics.

Die 12-jarige Liamanté neem tans elke twee tot drie weke aan gesogte danskompetisies deel waar sy met dansers van regoor die land kompeteer. Dit was dus geen verrassing nie toe die toegewyde danser onlangs gekies is om Suid-Afrika by die World Freestyle Dance Championships te verteenwoordig.

Dié kampioenskappe sal na verwagting einde Junie in Blackpool in die Verenigde Koninkryk plaasvind waar dansers van regoor die wêreld sal kragte meet.

Die Kruiner-familie is trots op Liamanté en sien daarna uit om haar op die wêreldverhoog te ondersteun.

Exit mobile version