‘n Uitmuntende totaal van agt Laerskool Helderkruin-rugbyspelers pluk uiteindelik die vrugte van jare se toewyding op die veld.
Die leerders is onlangs verkies tot die o.12 en o.13 Goue Leeus-rugbyspanne.
Die o.12-spelers is:
• Jayden Barker
• Angelo Erasmus
• Zian Maritz
Die o.13-spelers is:
• Keegan McCarthy
• Jayden Brown
• Hayden Vorster
• Cayden Streicher
• Jayden Jubber
Vir die o.13’s is daar twee provinsiale spanne wat saamgestel word uit spelers van 25 skole regoor Gauteng. Die bogenoemde o.13-spelers is vyf van die 18 Wes-Randse spelers wat gekies is om hul streek te verteenwoordig. Laerskool Helderkruin is ook die skool met die tweede meeste gekose spelers in Gauteng.
Dié leerders sien uit na die rugbyseisoen wat voorlê en kan nie wag om hul vaardighede op die proef te stel nie. Die Kruiner-familie is trots op die spelers en wens hulle net die beste toe vir die komende toernooie.