Local newsNewsSchools

Agt Kruiners haal Goue Leeus-span

Laerskool Helderkruin is ook die skool met die tweede meeste gekose o.13-spelers in Gauteng.

‘n Uitmuntende totaal van agt Laerskool Helderkruin-rugbyspelers pluk uiteindelik die vrugte van jare se toewyding op die veld.

Die leerders is onlangs verkies tot die o.12 en o.13 Goue Leeus-rugbyspanne.

Cayden Streicher en Jayden Jubber. Foto: Verskaf.

Die o.12-spelers is:
• Jayden Barker
• Angelo Erasmus
• Zian Maritz

Keegan McCarthy, Jayden Brown en Hayden Vorster. Foto: Verskaf.

Die o.13-spelers is:
• Keegan McCarthy
• Jayden Brown
• Hayden Vorster
• Cayden Streicher
• Jayden Jubber

Keegan McCarthy, Jayden Brown en Hayden Vorster. Foto: Verskaf.

Vir die o.13’s is daar twee provinsiale spanne wat saamgestel word uit spelers van 25 skole regoor Gauteng. Die bogenoemde o.13-spelers is vyf van die 18 Wes-Randse spelers wat gekies is om hul streek te verteenwoordig. Laerskool Helderkruin is ook die skool met die tweede meeste gekose spelers in Gauteng.

Dié leerders sien uit na die rugbyseisoen wat voorlê en kan nie wag om hul vaardighede op die proef te stel nie. Die Kruiner-familie is trots op die spelers en wens hulle net die beste toe vir die komende toernooie.

Related Articles

Back to top button