NewsSchools

Kruiner-leiers word ingehuldig

Die leierinhuldiging het op 9 April by die skool plaasgevind.

‘n Aantal Laerskool Helderkruin-leerders het onlangs hul blou baadjies vir die gesogte rooi baadjies verruil toe die skool hul nuwe leiers vir die jaar tydens ‘n spogseremonie ingehuldig het.

Hayden Vorster en Kara-Mia Botma. Foto: Alanicka Lotriet.

Die leierinhuldiging het op 9 April by die skool plaasgevind waartydens trotse ouers hul kinders se oorgang van leerder tot leier kon waarneem.

Die nuwe Kruiner-hoofleiers is soos volg:
• Hoofseun: Hayden Vorster
• Hoofmeisie: Kara-Mia Botma
• Onderhoofseun: Joshua Lubbe
• Onderhoofseun: Jaydon Jubber
• Onderhoofmeisie: Mareli King
• Onderhoofmeisie: Danica Fourie

Laerskool Helderkruin is trots op hul nuwe leiers en wens hulle sterkte toe vir die res van die jaar.

Related Articles

Back to top button