Florries se Eerstes triomfeer

Die dag het op 'n hoë noot afgeskop vir Hoërskool Florida toe hul eerstespan op hul tuisveld koning gekraai het.

Rugbyspelers van Hoërskool Florida en Hoërskool Alberton het op Saterdag, 9 April die koue weer dapper trotseer toe hul in die NWU Sportreeks kragte gemeet het.

CJ Feast in die eerstespanwedstryd. Foto: Charlene Hanekom.

Die dag het op ‘n hoë noot afgeskop vir Hoërskool Florida toe hul eerstespan op hul tuisveld koning gekraai het. Dié wedstryd het teen ‘n geweldige tempo begin en met berekende spel het Florries hul eerste drie vir die dag gedruk.

Met goeie ondersteuning en verdediging is ‘n tweede drie kort daarna moontlik gemaak. Die wedstryd eindig 21–15 in Hoërskool Florida se guns.

Jarred Theron gedurende die o.16-wedstryd. Foto: Charlene Hanekom.

Die o.14A-span se wedstryd het terselfdertyd op die B-veld afgeskop. Met twee drieë vir die tuisspanl en drie drieë vir hul gaste, eindig die wedstryd met ‘n telling van 10–19 vir Hoërskool Alberton.

Florries se o.15A-span het egter nie so goed gevaar nie aangesien hul teenstanders 29–0 gewen het. Hoërskool Alberton se o.15A-span se vyf drieë was die meeste vir die dag.

As gevolg van taai kompetisie het Florries se tweedespan 5–17 verloor. Florida gesorg vir een drie, terwyl Alberton drie drieë aangeteken het.

Gedurende die laaste wedstryd van die dag het Hoërskool Alberton se o.16A-span as die wenners weggestap toe hulle hul teenstanders met 12–7 geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version