Local newsNewsSchools

Die Ruiter verwelkom nuwe onderhoof

'Dit was ‘n leer- en groeiproses en nou is hy terug by ons as onderhoof.'

Laerskool Die Ruiter is opgewonde om vir Hugo van As as adjunkhoof te verwelkom.

Hugo het voorheen sewe jaar by Die Ruiter skoolgehou, twee jaar daarvan as departementshoof. Alhoewel hy daarna vir drie en ‘n half jaar die onderhoof by Laerskool Boskop was, het sy lewenspaadjie hom gou weer na Die Ruiter-familie toe gelei.

“Dit was ‘n leer- en groeiproses en nou is hy terug by ons as onderhoof. Ons ontvang hom met ope arms terug. Ons hoop, glo en vertrou dat hy vinnig weer sal inskakel en tuis voel. Welkom tuis!” het skoolhoof Antonie Marais vertel.

Related Articles

Back to top button