Havie-atleet oortref persoonlike bestes by SA’s

Die Havie gesin is trots op die toegewyde atleet wat in meer as een item uitgeblink het.

Laerskool Dr Havinga is trots op een van hul spogatlete, Kara van Eeden, wat onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Laerskole Atletiek Kampioenskappe in meer as een item uitgeblink het.

Die kampioenskappe het in Potchefstroom plaasgevind en op Vrydag, 25 Maart het dié passievolle atleet ‘n tweede plek in die dogters o.12 gewigstoot verower, en boonop ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 11,08m behaal.

Kara het die volgende dag met ‘n derde plek in die dogters o.12 diskus weggestap. Sy het weereens ‘n nuwe persoonlike beste afstand van ‘n ongelooflike 33,12m bereik.

Die Havie-gesin is trots op dié toegewyde atleet en vertrou dat sy net nog hoër hoogtes sal bereik.

Exit mobile version