Agt Hories deur na SA Kampioenskappe

Volgens Hories-adjunkhoof Evan Coetzee, is hierdie voorwaar ‘n puik prestasie.

‘n Indrukwekkende totaal van 17 Laerskool Horison-atlete het onlangs uitsonderlike prestasies behaal tydens die Gauteng-kampioenskappe wat in Pretoria plaasgevind het.

Dié puik Hories het op 11 en 12 Maart met die provinsie se topatlete kragte gemeet. Die skool is trots daarop dat agt van hul atlete in hul onderskeie Gautengspanne opgeneem is.

Chanè Fourie in aksie. Foto: Verskaf.

Die atlete sal aan die einde van Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Potchefstroom deelneem.

Hul prestasies by die Gauteng-kampioenskappe is soos volg:
• Chané Fourie (o.12) – 50m (eerste), 100m (eerste) en 150m hekkies (tweede)
• Annebelle Schutte (o.10) – Verspring (eerste)
• Marni Vermaas (o.13) – Diskus (tweede)
• Tiyani Fourie (o.13) – 800m (tweede)
• Ruan Lottering (o.11) – Gewigstoot (tweede)
• Keegan Coetzee (o.13) – 1 500m (vierde)
• Waldo Coetzee (o.13) – 1 500m stap (vierde)
• Kelly Homan (o.11) – Verspring (vierde)

Volgens Hories-adjunkhoof Evan Coetzee, is hierdie voorwaar ‘n puik prestasie. Laerskool Horison is baie trots op hierdie toegewyde atlete en wens hulle alle sterkte toe met die SA Kampioenskappe.

Exit mobile version