NewsSchools

Florries beïndruk by redenaarskompetisie

Daar was boonop wisseltrofeë op die spel wat van dié jaar af in die junior- en die seniorafdeling toegeken word.

Hoërskool Florida het op Woensdag, 9 Februarie hul jaarlikse interne ATKV Redenaarskompetisie gehou.

Vier-en-twintig redenaars het die gehoor met groot entoesiasme van hul standpunte probeer oortuig. Daar was boonop wisseltrofeë op die spel wat van dié jaar af in die junior- en die seniorafdeling toegeken word.

Wilma Laban, Lente de Villiers, Christo van der Walt en Liani Erasmus. Foto: Alanicka Lotriet.

Aangesien die toesprake van ‘n baie hoë gehalte was, gaan al die sprekers aan die eerste ATKV-rondte deelneem, wat na verwagting op 19 en 20 April by Hoërskool Linden gehou gaan word.

Die temas vir die juniorafdeling was ‘krake’, ‘gids’ en ‘erfenis’, terwyl temas vir seniors ‘keuses’, ‘grense’ en ‘maatstaf’ was.

Kirstie van Wyk, Jeandré Visser en Crystal-Leigh Schaper. Foto: Alanicka Lotriet.

Die wenners is soos volg:
Juniors:
• Eerste – Lente de Villiers
• Tweede – Christo van der Walt en Liani Erasmus
• Derde – Wilma Laban

Seniors:
• Eerste – Jandré Visser
• Tweede – Crystal-Leigh Schaper
• Derde – Kristie van Wyk

Florries is trots op die leerders en hul prestasies, en wens hulle alle sterkte toe met die kompetisies wat voorlê.

Related Articles

Back to top button