Florries maak die regte skuiwe

Die skool is trots op elke skaakspeler wat hul beste gegee het.

Hoërskool Florida het op Vrydag, 18 Februarie aan Grey Kollege se skaaktoernooi deelgeneem.

Florries het ‘n totaal van twee spanne van vier skaakspelers elk vir dié toernooi ingeskryf. Agttien spanne het in afdeling A deelgeneem en Hoërskool Florida het 14de geëindig. Sebastian Pretorius het die beste gevaar toe hy 3.5 uit vyf wedstryde gewen het.

‘n Totaal van 24 spanne het in afdeling B deelgeneem, waar Florries 15de geëindig het. Christo van Zyl het in dié afdeling uitstekend gevaar toe hy vier van sy vyf wedstryde gewen het.

Die skool is trots op elke skaakspeler wat hul beste gegee het nadat hulle vir twee jaar verhinder was om aan die sport deel te neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version