Local newsNews

Hories presteer by D12-atletiekkampioenskappe

Die skool spog met agt tweede plekke, en 18 eerste plekke.

Op Woensdag, 16 Februarie het talle laerskole van regoor die Johannesburg-Wes Distrik by die Ruimsig Atletiekstadion kragte gemeet.

Slegs die topatlete van skole in die Distrik is genooi om aan die D12 Atletiekkampioenskappe deel te neem. Laerskool Horison was besonder goed verteenwoordig toe 16 van hul atlete aan die onderskeie items deelgeneem het.

Chané Fourie in aksie. Foto: Idea Saints.

Hories spog met 18 eersteplekke en agt tweedeplekke.

Die volgende atlete het uitgeblink in hul onderskeie items:
• Hanru Begeman – Behaal drie eersteplekke (spiesgooi, diskus en gewigstoot)
• Annebel Schutte – Behaal twee eersteplekke (100m en verspring) en een tweedeplek (70m hekkies)
• Marni Vermaas – Behaal twee eersteplekke (diskus en spiesgooi) en een tweedeplek (gewigstoot)
• Kelly Homan – Behaal twee eersteplekke (100m en verspring) en een tweedeplek (hoogspring)
• Chané Fourie – Behaal twee eersteplekke (150m en 150m hekkies)

Laerskool Horison is trots op hul atlete se puik prestasies en wens hulle alle sterkte toe met die Gauteng Kampioenskappe.

Hanru Begeman by die gewigstoot. Foto: Idea Saints.
Annebel Schutte in aksie. Foto: Idea Saints.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button