NewsSchools

Bastion-matrieks verlaat hul nes

'Ten spyte van Covid-19 was my matriekjaar eintlik oukei.'

Die afgelope twee jaar was soos een groot tuimeltrein vir skoolleeders – veral vir dié wat hul skoolloopbaan te midde van die wêreldwye pandemie moes voltooi.

Vir Leandri Venter wat verlede jaar by Hoërskool Bastion gematrikuleer het, was die paadjie egter taamlik gelyk.

“Ten spyte van Covid-19 was my matriekjaar eintlik oukei. Om eerlik te wees, dit was so ‘n bietjie makliker as die ander grade. Ek sal my punte graag wil gebruik om by ‘n mediese instansie soos Lancet in te kom. Ek wil baie graag in die toekoms met organe werk,” het sy vertel.

Volgens Bastion se Petru van Zyl was die jaar egter nie vir elkeen van die 133 matrieks so maklik nie.

“Dit was maar ‘n moeilike jaar en Covid-19 het ‘n groot invloed daarop gehad. Baie kinders het hul ouers verloor en ons harte gaan uit na hulle. Ons vertrou dat dit vir ons 2022-matrieks ‘n beter jaar sal wees, en dat meeste dinge weer na normaal sal terugkeer,” het sy vertel.

Die skool spog met ‘n totaal van 40 onderskeidings en wens elke matriek van 2021 sterkte toe met die bereiking van hul toekomstige doelwitte.

Related Articles

Back to top button