Nuwe lewe vir gebruikte items

Die NG Kerk Culembeeck wil hiermee graag die gemeenskap uitnooi en aanmoedig om alle gebruikte goedere vir 'n goeie doel te skenk.

‘n Nuwe jaar is die perfekte geleentheid om ‘n skoon bladsy om te slaan en daarom is daar geen beter tyd om jou kaste uit te sorteer nie.

Die NG Kerk Culembeeck wil hiermee graag die gemeenskap uitnooi en aanmoedig om alle gebruikte goedere vir ‘n goeie doel te skenk. Hulle beoog om op Woensdag, 2 Februarie hul eerste ‘Jumble sale’ vir die jaar te hou.

Die gemeenskap word dus gevra om enige gebruikte klere, kombuisware, linne, gordyne, glasware en wit olifante vir die kerk te skenk. Fondse sal dan gebruik word om gesinne in nood te help en te ondersteun.

Vir enige inligting, of as jy iets wil skenk, skakel gerus die kerkkantoor by 011 769 1704.

Exit mobile version