Nuwe Bloubloed Havies verwelkom

Al was talle mammaharte dalk 'n bietjie seer, het dié haasbekkies hul ouers sommer gou gerus gestel.

Op Dinsdag, 11 Januarie het 165 kleingoed met groot skooltasse en groter opgewondenheid Laerskool Dr Havinga se skoolterrein vir die eerste keer as graadeentjies binnegestap.

Al was talle mammaharte dalk ‘n bietjie seer, het dié haasbekkies hul ouers sommer gou gerus gestel toe hulle breëbors by hul nuwe klassies ingestap het.

Erwin Maaske is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Havies se Lizelle Kies beplan die skool om vanjaar – soos elke ander jaar – die ekstra myl te loop vir elke Bloubloed Havie.

Mia Horak is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons is opgewonde om te sien hoe hierdie groep leerders gaan groei en ontwikkel tot volwaardige Havies. Ons wens vir ons ouergemeenskap en kinders is ‘n jaar waarin ons sover moontlik na normaal kan terugkeer en alles kan doen wat ons die afgelope twee jaar so baie gemis het,” het sy vertel.

Kaone Botlholo is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Luvan Klinkenberg is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Nqobile Mazibuko is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Antione de Beer is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Aiden Damon is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Erwin Maaske is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Isabella Booysen is nou ‘n Bloubloed Havie. Foto: Alanicka Lotriet.
Exit mobile version