Florrie-skut mik hoog

Keanu was deel van die Goue Leeus-span en het die Florida Skietklub verteenwoordig.

Laerskool Florida se Keanu Nel het baie goed gevaar toe hy einde 2021 aan die SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoolskuttersunie) Kampioenskappe deelgeneem het.

Die 13-jarige skut het nie net twee gouemedaljes verower nie, maar het ook ‘n algehele vyfde plek in die o.14-pistoolskietkategorie behaal. Die eerste gouemedalje is aan Keanu se span (wat uit drie seuns bestaan) toegeken, terwyl die tweede medalje vir die beste provinsie in pistoolskiet toegeken is. Net ses seuns het dié medalje ontvang.

Keanu Nel mik hoog. Foto: Ingestuur.

Keanu was deel van die Goue Leeus-span en het die Florida Skietklub verteenwoordig.

Dié prestasie volg nadat hy aan vyf ander ligas deelgeneem het waar hy óf ‘n eerste óf ‘n tweede plek verower het. Twee van die ligas is die Egoli Ope en die Noord-Gauteng Ope.

Keanu se mikpunt is om vanjaar ‘n nuwe rekord op te stel en met ‘n eerste plek by die SA-kampioenskappe weg te stap.

“Ek is hard aan die oefen om my mikpint te bereik. Ek glo en vertrou dat ek ook Hoërskool Florida se naam hoog kan hou,” het hy ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version