Local newsNews

Roodepark bied nog ‘n suksesvolle mark aan

Die mark word jaarliks aan die einde van Oktober aangebied.

Roodepark Skool se jaarlikse mark is meer as net ‘n alledaagse mark, dit is tradisie. Dit bied hulle die geleentheid om die potensiaal, die vordering asook die vaardighede van hulle leerders aan die publiek ten toon te stel.

Die skool streef altyd daarna om unieke en stylvolle, maar steeds bekostigbare produkte aan te bied. Hierdie jaar se mark van 2 tot 6 November was geen uitsondering nie. Die mark se spens was gevul met heerlike tuisgebakte beskuit, koekies, en konfyte. ‘n Groot verskeidenheid handgemaakte meubels het op die mark se vloer gepryk. Diegene met groen vingers het vir seker tevrede uit die mark gestap, aangesien daar talle blompotte en plante beskikbaar was. Met die feesseisoen om die draai, was daar natuurlik ook Kersversierings, Kersbome, en ditjies en datjies beskikbaar, wat as die perfekte Kersgeskenk kan dien. Daar was ook ‘n wye verskeindenheid produkte wat elkeen se styl, en sak kon pas.

Photo: File.

Alhoewel tye baie onseker is, het Roodepark se mark ongelooflike ondersteuning van die publiek ontvang. Roodepark wil elke klant bedank vir hulle ondersteuning tydens die mark.

“Roodepark Skool sien uit om al ons lojale klante, asook talle nuwe gesigte in 2022 by die mark te sien. Soos ons leuse sê gee ons net ons beste, en dit is vir seker wat julle kan verwag by volgende jaar se mark,” het René van der Merwe, die skoolhoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button