Local newsNews

Wilgespruit NG Kerk gryp kans aan om mark te hou

Pannekoek, soetgoed, geskenke, vermaak en pret vir die hele gesin

Met die vlak een-groenlig was Wilgespruit NG Kerk reg vir ‘n partytjie en het toe hul jaarlikse Mimosa Makiti op 30 Oktober gehou.

Organiseerders het die mark sommer gou-gou gereël, en die resultaat was ‘n dag van gemeenskapsondersteuning, gesinsvriendelike aktiwiteite, en pret en plesier.

Hennie West en dominee Braam. Foto: Jarryd Westerdale.

Hoewel hulle die Makiti gewoonlik aan die begin van Oktober gehou, was vanjaar se tydsberekening steeds perfek. “Dankie aan almal wat so hard gewerk het om dit saam te stel. Die gemeente het regtig saamgetrek en dit is wonderlik om te sien hoe almal dit geniet,” het dominee Braam Smith gesê. Soos met baie kerke is Wilgespruit ook aan vlak twee onderhewig, en tydens enige vlak hoër moes hulle digitale middele soos YouTube en Facebook Live gebruik om die gemeente aan die gang te hou.

Pieter Goosen bak pannekoek. Foto: Jarryd Westerdale.

Die Mimosa Makiti was ‘n fondsinsameling vir die gemeente en ‘n groot gedeelte van die opbrengs gaan vir hul Kersprojek gebruik word om kospakkies vir minderbevoorregtes uit te deel.

Dominee Braam het Psalm 37:3 aangehaal om die gemeente te versterk, “Vertrou op die Here en doen goed; woon in die land en geniet veilige weiveld. Verlustig jou in die Here en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button