IN FOTO’S: Roodies se gholfdag weereens ‘n reuse sukses!

Laerskool Roodekrans het op Donderdag, 14 Oktober hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan gehou en dit was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Totaal van 164 spelers het dié dag hul gholfskoene aangetrek om die skool se gesogte fondsinsamelingprojek te ondersteun. Daar was hope gees onder die spelers soos hulle van putjie tot putjie beweeg …

Laerskool Roodekrans het op Donderdag, 14 Oktober hul jaarlikse gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan gehou en dit was weereens ‘n reuse sukses.

‘n Totaal van 164 spelers het dié dag hul gholfskoene aangetrek om die skool se gesogte fondsinsamelingprojek te ondersteun. Daar was hope gees onder die spelers soos hulle van putjie tot putjie beweeg het.

Volgens organiseerder Ian Flemming word die projek elke jaar ten bate van hul minderbevoorregte leerders en ook dié van buurskole gehou. Hul vrygewigheid strek nog verder aangesien ‘n paar ouetehuise in die omgewing ook daarby baat.

Exit mobile version