Local newsNews

Boerekos en gemeenskap by gemeentekermis

Die die tradisionele melodieë van Die Kleilatte Boereorkes het die atmosfeer nog geselliger gemaak.

Die AP Kerk Roodepoort het hul jaarlikse Kermis op 2 Oktober gehou.

Die fees van kos, musiek en familie was ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir die kerk wat ook daarop gemik was om ‘n gevoel van gemeenskap terug te bring. In die hoop om die gemeenskapsgees weer te laat opvlam en mense uit hul huise te kry vir ‘n sosiale byeenkoms was daar ‘n magdom van tradisionele eetgoed soos vetkoek, melktert, kerrie en rys, pannekoek en die onweerstaanbare boereworsrolle beskikbaar.

Die Kleilatte Boereorkes. Photo: Jarryd Westerdale.

Die reën het almal binnenshuis gedwing, maar die tradisionele melodieë van Die Kleilatte Boereorkes het die atmosfeer nog geselliger gemaak. Die Kleilatte, wat agt jaar gelede deur Nico Ungerer begin is as ‘n huldeblyk aan ‘n vriend, bestaan uit sewe lede. Hulle is op klawers, kitaar, konsertina en banjo. Die orkes is altyd herkenbaar aan hul rooi velskoene en rooi kruisbande.

“In die rustiger dae van die inperking het die gevoel van samehorigheid by die gemeente ontbreek, en ons wil mense daaraan herinner om uit die huis te kom en die geselskap van die gemeenskap te geniet,” het Sid Mann, hoof van fondsinsameling gesê. Dominee Hansie Janse van Vuuren waardeer die ondersteuning en het gesê, “Dankie aan die gemeenskap dat u gekom het; ons deure staan altyd oop.”

Nico Ungerer tokkel die klawers. Foto: Jarryd Westerdale.

Die oogmerk is om die mark een keer per maand aan te bied om die belangrikheid van gemeenskap en die waarde van goeie vriende te onthou. By die rokerige braai waar die heerlike boereworsrolle voorberei het, het Sid die gemeenskap aangemoedig om volgende keer die beste boerekos aan die Wes-Rand te geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button