Sentrum vir bejaardes besorgd oor motoriste

Die sloot het al dieper geword en sy het gevolglik die sentrum se instandhoudingspan gevra of hulle sou kon help.

Nadat ‘n sloot, wat munisipale werkers oor die pad voor die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes gegrawe het, na ongeveer ses maande nog nie toegegooi is nie, het dié sentrum sake in hul eie hande geneem.

“Die sloot is in Robinsonlaan net buite ons sentrum gegrawe om kabels te lê, maar die munisipale werkers het egter versuim om dit weer te kom toemaak,” het sentrumbestuurder Jolene Peyper vertel.

Eddie de Mol, Fernando Cohma en Gilberto Makamo by die gevulde sloot. Foto: Alanicka Lotriet.

Die sloot het al dieper geword en sy het gevolglik die sentrum se instandhoudingspan gevra of hulle sou kon help.

Eddie de Mol en sy span het sommer dadelik aan die werk gespring. Sakke teer is op die sentrum se koste aangekoop en die taak is na slegs ‘n paar uur suksesvol afgehandel.

“Die herstelde stukkie pad getuig van goeie vakmanskap en ons glo dat dit ook gelukkige padgebruikers tot gevolg het. Ons is dankbaar teenoor Eddie en sy span wat sulke goeie werk gelewer het,” het Jolene ten slotte vertel.

“Ons is besorg oor die motoriste wat hier verby ry en wou graag doen wat ons kon om hul rit verby die sentrum te vergemaklik.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version