Local newsNews

Voormalige sekuriteitsbeampte pleit vir hulp

"Min het ek geweet dis net die begin. Ek het nooit gedink dit sou met my gebeur nie."

Ons aanvaar soveel dinge dikwels as vanselfsprekend, soos dat ons altyd gesond sal wees. Vir Dirk Koekemoer was sy gesondheid die laaste ding waaroor hy hom sou gekommer het, totdat sy lewe ongeveer drie jaar gelede onherroeplik verander het.

Dit het begin toe Dirk, wat nagenoeg 30 jaar in die sekuriteitsbedryf gewerk het, in 2017 ‘n beroerte gehad het. Kort nadat hy van die beroerte herstel het, is ‘n breingewas by hom gediagnoseer.

“Min het ek geweet dis net die begin. Ek het nooit gedink dit sou met my gebeur nie, veral nie op so ‘n jong ouderdom van 45 nie. Ek was nog altyd aktief en gesond,” het hy vertel.

‘n Jaar later het Dirk ‘n hartaanval gehad en gangreen in sy regtervoet opgedoen. Na sewe operasies het hy ongelukkig sy been tot onder sy knie verloor. Sy werkgewer het hom laat gaan, al kon hy steeds sy werk as terreinbestuurder doen.

“Hulle het gesĂŞ dat hulle my nie meer kon akkommodeer nie en ek moes ophou werk – dit nadat ek my hele lewe lank agter kriminele aangehardloop en hulle toegesluit het, en op talle tonele van gewapende roof was. Ek het my hele werkslewe aan die bedryf toegewy en was selfs vir amper 20 jaar ‘n beheerkamerbestuurder,” het hy gesĂŞ.

Dirk Koekemoer het nooit gedink hy sou so afhanklik van ander word nie. Foto: Alanicka Lotriet.

Dit het egter nie daar geĂ«indig vir Dirk nie. Sy lewer het onlangs ophou funksioneer en hy het geen beheer meer oor sy maag of blaas nie. Hy maak staat op sy suster, Melanie Victor, wat self met ‘n gestremdheid lewe en onlangs ‘n breinoperasie moes ondergaan, om hom te versorg.

“Vir die afgelope vier jaar was ek dikwels in die hospitaal en het baie kennis van versorging opgedoen. Niks is dus vir my meer vreemd nie. Ek wil hom graag ondersteun en hom sy menswaardigheid wil laat behou,” het Melanie gesê.

Dit is egter nie altyd maklik om die befondsing te bekom vir die medikasie en behandeling wat Dirk en Melanie albei nodig het nie aangesien Dirk nie kan bydra nie.

“My hartsbegeerte is om te kan werk want ek kan nie meer hierdie las op my suster lĂŞ nie. Dis ‘n aaklige gevoel en ‘n moeilike tyd vir ons almal. Ek kon nog altyd mense help, en nou kan ek nie eers myself help nie,” het hy vertel.

Hul vra nou die gemeenskap om hulp. Dirk het dringend doeke vir volwassenes nodig, maar enige vorm van hulp sal baie waardeer word. Indien jy wil help, kontak gerus vir Melanie by 078 812 2204.

Related Articles

Back to top button