Local newsNews

Ivermektien lei tot antwoord op vreemde ‘moesie’ en onverklaarbare nekspasma

Pieter Nel het twee jaar gelede van Amerika af teruggekeer met 'n onverklaarbare nekspasma. Na vele doktersbesoeke en medikasie vir distonie, het hy geen verligting gekry nie. Die gebruik van Ivermektien teen Covid-19 het egter vir hom antwoorde verskaf, beweer hy.

Toe Pieter Nel van Sutherland in die Noord-Kaap Ivermektien as voorkomende maatreël teen Covid-19 begin gebruik het, het hy nooit gedink dat dit moontlik ‘n antwoord op ‘n onverklaarbare tweejaar-lange nekspasma kon bied nie.

Nel, wat vir bykans die laaste 20 jaar op plase in Amerika werk, sê hy het teen einde 2018 ‘n ligte spasma in sy nek ontwikkel. Sy toestand het glo vererger toe hy daardie jaar na Suid-Afrika teruggekeer het. Dit het hom genoop om ‘n dokter te gaan sien.

“Na vele ondersoeke met min antwoorde, is ek met distonie gediagnoseer en het ek medikasie daarvoor ontvang,” sê Nel.

Distonie is ‘n reeks bewegingsversteurings wat een of meer spiere laat saamtrek en onwillekeurige bewegings by die lyer veroorsaak.

Volgens Nel het die medikasie geen verligting vir hom gebring nie.

“Gedurende die tyd het ek agtergekom dat ek ‘n knoppie, soortgelyk aan ‘n moesie, agter op my kop het. Hoewel dit effens gevoelig was, het ek nie veel aandag daaraan gegee nie,” sê Nel.

Hy is terug Amerika toe waar sy nek hom opgekeil het. Dit het hom laat besluit om eers weer terug te keer Suid-Afrika toe, kort voor die uitbreek van die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkingsmaatreëls.

“Ek het nie teruggegaan dokter toe nie, uit vrees vir Covid-19 en die saamdrom van mense by staatshospitale. As gevolg van hierdie vrees het ek as voorkomingsmaatreël Ivermektien begin drink,” sê Nel.

Nie lank daarna nie het Nel oudergewoonte weer aan die lastige knoppie op sy agterkop gevoel, maar die slag het iets losgekom.

“Dit blyk toe ‘n bosluis te wees. Ek het aanvanklik gedink dit is ‘n bontpootbosluis, maar met verdere ondersoek het ek besef dit is ‘n Amerikaanse swartpootbosluis, of ‘deer tick’ in Engels, wat daarvoor bekend is om Lyme-siekte te veroorsaak,” vertel Nel.

Nel meen dit is ‘n meer waarskynlike verklaring vir sy nekspasma.

“Spasmas soortgelyk aan die simptome van distonie is kenmerkend van Lyme-siekte en die twee toestande word dikwels met mekaar verwar,” beweer Nel.

Hy het egter steeds nie sy vrees vir Covid-19 en die saamdrom van mense verloor nie, en het gevolglik nog nie die nodige bloedtoetse laat doen om te bevestig dat hy wel Lyme-siekte het nie.

Nel het sy storie aan Izak du Plessis vertel. Kyk die video hier:


 

Related Articles

Back to top button