Kruiners beïndruk tydens Vinatix Eisteddfod

Die Kruiners het nou nog meer om mee te spog nadat twee van hul leeders uitmuntend tydens die Vinatix Eisteddfod gevaar het.

Laerskool Helderkruin is altyd baie trots op hul leerders se prestasies – in en buite skoolverband. Die Kruiners het nou nog meer om mee te spog nadat twee van hul leeders uitmuntend tydens die Vinatix Eisteddfod gevaar het.

Hailey Keys en Leané Nortje het verskeie A++’e en A+++’e verwerf vir hulle monoloë, redenaars, lees en poësie.

Leané het by die Roodepoort-gemeenskap bekend geword vanweë haar fantastiese dans-, musiek-,en toneelspelvaardighede. Toe sy aan die Vinatix Eisteddfod deelgeneem het, het sy die gemeenskap gewys presies waarom sy reeds soveel pryse verower het. Leané is as Graadwenner aangewys vir haar Afrikaans Redenaars – met ‘n punt van 98 persent.

Hailey is nie ver agter nie en haar prestasies dui daarop dat ons nog groot dinge van haar kan verwag. Sy is as die Graadwenner aangewys vir haar Afrikaans Redenaars met ‘n punt van 95 persent, en vir haar Afrikaanse Gedramatiseerde Poësie is sy met 97 persent beloon.

Die Kruiners het gesê dat hulle baie trots is op die twee leerders en hul ongelooflike prestasies.

Exit mobile version