AdvertorialBusinessNews

Learskool Helderkruin het hulle Opedag vir 2022!

Laerskool Helderkruin sien uit daarna om al hulle nuwe maats volgende jaar te sien! 

Laerskool Helderkruin het op Saterdag, 10 April, hulle Opedag vir 2022 se Gr RR, R en 1 maats op ‘n hoë noot afgeskop.

Klitsie, Laerskool Helderkruin se gelukbringer, het elke nuwe maatjie by die hek ingewag. Die nuwe maats het Laerskool Helderkruin in aksie beleef! Elke sportsoort en kultuuraktiwiteit was lewendig uitgebeeld.

Die onderwysers het as toergidse opgetree en al die ouers en maats deur die pragtige skool vergesel.

Daar was heerlike speletjies gespeel, spookasem en springmielies het die magies gevul. ‘n Ballonkunstenaar en gesigverf het die maats breed laat glimlag!

Laerskool Helderkruin sien uit daarna om al hulle nuwe maats volgende jaar te sien!

Vir meer inligting besoek Laerskool Helderkruin se webwerf hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button