NewsSchools

Bastion toonaangewend in moderne onderrig

Na 'n lang pad van meer as twee jaar wat Hoërskool Bastion saam met die Departement van Onderwys gestap het, pluk die 2021-leerders die vrugte van die Twinning-proses.

Na ‘n lang pad van meer as twee jaar wat Hoërskool Bastion saam met die Departement van Onderwys gestap het, pluk die 2021-leerders die vrugte van die Twinning-proses.

In Augustus 2019 het Bastion die eerste Afrikaanssprekende hoërskool in die land geword wat die Twinning-proses saam met ‘n Engelssprekende skool begin het. As gevolg hiervan het hulle ‘n vol ICT- (Integrated Co-Teaching-) skool geword en die voordele daarvan geniet.

Melissa Oosthuizen en Sonique Basson. Foto: Amy Slocombe.

Dit is waarom elkeen van die 2021-leerders en personeel skootrekenaars of tablette ontvang het om onderrig en leer makliker te maak. Die skool het die vakke van elkeen van hul leerders en onderwysers aan die Departement voorgelê sodat wanneer die skooljaar begin het, almal ‘n leerinstrument sou hê wat spesifiek vir die betrokke leerders of onderwysers voorberei is.

Voordat die leerders hul skootrekenaars ontvang het, is die leerinhoud vir elkeen van hul vakke reeds vasgelê. Aan die einde van elke jaar sal die leerders se skootrekenaars teruggestuur word sodat die leerinligting vir hul vakke vir die volgende jaar vasgelê kan word. Bastion se hoof, Gert Koekemoer, het sy dankbaarheid teenoor die Departement van Onderwys uitgespreek. “Baie dankie vir die geleentheid wat julle vir ons skool gegee het, en om dit alles vir ons kinders moontlik te maak,” het hy gesê.

Michael Berning en Ethan Jones. Foto: Amy Slocombe.

Die volgende ICT-infrastruktuur wat die skool gaan kry is interaktiewe witborde vir al die klasse. “Ons is baie dankbaar oor alles wat ons ontvang het, en omdat Bastion as leiers vir hierdie inisiatief gekies is,” het die hoof afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button