NewsSchools

Roodies verwelkom hul nuwe personeel

As die nuwe jaar begin, verwelkom Laerskool Roodekrans ander nuwe gesigte as net hul Graad 1-leerders.

Dit is tradisie om aan die begin van ‘n skooljaar nie net die nuwe Graad 1’s te verwelkom nie, maar ook nuwe personeel.

Hierdie jaar het Laerskool Roodekrans met trots drie nuwe onderwysers en ses nuwe onderwysassistente in hul gesin verwelkom.

Roodies wens ook vir Ian Flemming, wat bevorder is tot adjunkhoof, graag baie geluk en sterkte toe. Ian het in Oktober 2018 by Laerskool Roodekrans as Departementshoof vir Graad 4 en 5 aangesluit. Hy was tevore by Laerskool Rapportryer waar hy as vakhoof, graadhoof sowel as sportbestuurder gedien het.

Ian Flemming is bevorder tot adjunkhoof by Laerskool Roodekrans. Foto: Verskaf.

Die drie vriendelike vroue-onderwysers by die skool is Anika Jacobs wat die Graad RR Voëltjieklas gaan onderrig, Liandri le Roux wat Graad 1 tot 3 Lewensoriëntering (LO) gaan aanbied, en Ané Vermaak wat LO vir dogters van Graad 4 tot 7 gaan gee. Die Roodie-familie hoop dat hulle baie gelukkige en geseënde jare by die skool sal hê.

Laerskool Roodekrans se nuwe onderwysers. Van links na regs: Anika Jacobs (Graad RR Voëltjieklas), Liandri Le Roux (Graad 1 tot 3 LO) en Ané Vermaak (Graad 4 tot 7 LO vir dogters). Foto: Verskaf.

Die ses onderwysassistente wat die skool verwelkom het is Caitlin Swart, Chantelle van Niekerk, Melindi Jacobs, Janus van Niekerk, Danika van der Merwe en Melista van Dyk. Roodies het die assistente sterkte toegewens met hul studies, en het gesê die skool glo hulle sal groei om eendag ongelooflik goeie onderwysers te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button