Local newsNews

Nataniël tree by NG Kerk Weltevredenpark op

Nataniël in Concert saam met Charl du Plessis word om 11vm en om 3nm by die NG Kerk Weltevredenpark by Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark aangebied.

Die Suid-Afrikaanse sanger, Nataniël le Roux, beter bekend as Nataniël, is veral bekend vir sy eenmanvertonings, en sy leefstyl- en TV-kookprogramme. Die liedjieskrywer, vermaaklikheidster en topverkoperskrywer gaan Roodepoort op Saterdag 13 Maart besoek.

Die onnabootsbare Nataniël, begelei deur Charl du Plessis op die klavier, keer terug Roodepoort toe met sy vrolike mengsel van musiek en stories.

Nataniël in Concert word om 11vm en om 3nm by die NG Kerk Weltevredenpark by Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark aangebied.

Nataniël. Photo: Supplied.

Charl is ‘n Suid-Afrikaanse klassieke en jazz-pianis, en komponis, en is die afgelope 20 jaar die pianis vir Nataniël.

Nog ‘n vertoning is vir 22 Mei om 11vm geskeduleer, en in hierdie stadium kan slegs 50 mense geakkommodeer word hangende veranderinge aan Covid-19-regulasies.

Maskers is verpligtend en alle veiligheidsmaatreëls sal nagekom word. Geen kinders onder die ouderdom van 15 sal van 10vm tot 5nm in die lokaal of by Nataniël se Pop-up winkel toegelaat word nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button