Kruiners verwelkom hul nuwe hoof

Die nuwe hoof glo dat elke kind 'n talent het wat 'n verskil in die wêreld kan maak, en hy wil elke leerder help om hul maksimum potensiaal te bereik.

2021 sal beslis nuwe geleenthede en verrassings vir almal bied, veral die leerders en onderwysers van Laerskool Helderkruin.

Riaan van der Watt, wat vir die afgelope 18 jaar deel van die Kruiner-familie was, het hartseer van hulle afskeid geneem om sy nuwe avontuur in Vredendal in die Wes-Kaap te begin.  Riaan was die waarnemende skoolhoof vir die afgelope jaar,  en, dit was vir almal baie moeilik om hom te groet, maar hulle is baie opgewonde om nou hul nuwe hoof, Peet Badenhorst, te verwelkom.

Peet is al 29 jaar in die onderwys, en was vir die afgelope 13 jaar skoolhoof. Hy sluit by die Kruiner-familie aan vanaf Laerskool Generaal De La Rey, en het gesê dat onderrig ‘n passie is, nie ‘n loopbaan nie. Peet het bygevoeg dat hy hoop om ‘n vaderfiguur en ‘n gevoel van beskermingvir die skool te bied.

“Ek wil hê dat die ouers moet weet dat hulle my kan vertrou. Ek is self ‘n pa en ek sal hul kinders soos my eie beskerm en liefhê,” het Peet gesê. Hy het bygevoeg dat hy baie van die Helderkruin-gemeenskap hou, en as hy sy werk reg doen, die leerders die potensiaal het om ‘n positiewe impak op die hele gemeenskap te maak.

Die nuwe hoof glo dat elke kind ‘n talent het wat ‘n verskil in die wêreld kan maak, en hy wil elke leerder help om hul maksimum potensiaal te bereik.

Sien sy video hier

Exit mobile version