Local newsNews

Helpende Hand en voormalige dienspligtiges skep wiele vir siele

LWT Wes-Randse militêre veterane is mans wat hierdie geslag verskeie dinge oor eenheid en dissipline kan leer.

‘n Brose ekonomie stel ‘n brose samelewing bloot wat veg vir hulpbronne. In ‘n poging om die gemeenskap se kwesbaarste lede te help, het ouddienspligtiges bymekaar gekom om die samehorigheid en onselfsugtigheid wat deur die kentekens op hul bors uitgebeeld word, uit te leef.

Sarel Jooste and Boet Swartz. Foto: Jarryd Westerdale.

LWT Wes-Randse militêre veterane is mans wat hierdie geslag verskeie dinge oor eenheid en dissipline kan leer. Nadat hulle hul land met trots en waardigheid gedien het, dien hulle nou hul gemeenskap om te verseker dat hulle help waar hulle kan. Die militêre veterane, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het op 4 November verskeie rolstoele aan Ons Winkel in Florida oorhandig.

Die rolstoele is deur lede van die publiek geskenk, terwyl nog ‘n paar op pad is. Indien enige van die rolstoele herstel of gediens moet word, is inwoners van die veterane-padstal in Krugersdorp-Wes gereed om dit onder leiding van ‘n plaaslike kundiges te doen. Dié projek waarvoor Helpende Hand hom beywer, heet Wiele vir Siele en hulle gebruik elke beskikbare hulpbron om te verseker dat elke rolstoel persoonlik afgelewer word.

Johnny Gray, Japie Wolmarans, DeWet Jacobs, Sarel Jooste and Boet Swartz. Foto: Jarryd Westerdale.

Dit alles vorm deel van die voortdurende missie van die LWT Wes-Randse militêre veterane om voormalige militêre dienspligtiges bymekaar te bring en te verseker dat hulle die steun ontvang wat hulle verdien, maar ongelukkig nie kry nie. “Tydens die inperking het ons gehelp om 58 gesinne van kos te voorsien. Ons kan almal help deur saam te staan, want dit gaan oor die eindresultaat, al is dit hoe klein,” het Japie Wolmarans, voorsitter van die LWT gesê.

Diegene wat dalk ‘n rolstoel benodig, kan by die Florida Ons Winkel aansoek doen. Aansoekers hoef net ‘n klein bedrag te betaal wat hulle kan bekostig. “Daar is waardigheid in die transaksie. Dit word nie bloot weggegee nie, maar laat die ontvanger dit waardeer,” het Ons Winkel-bestuurder, Sarel Jooste gesê.

Ons Winkel waardeer enige donasie, en diegene wat betrokke wil raak kan vir Sarel skakel by 072 219 2386, of vir Adrian by 071 548 8014.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button