Local newsNews

Florida se Clarece praat oor die inperking

'Volg die reëls; jy kan iemand anders se lewe red!'

Na byna sewe weke van die nasionale inperking, waarvan die laaste twee op vlak 4 was, is meeste mense al redelik keelvol vir in die huis bly, en weet hulle nie meer hoe om hulself besig te hou nie.

Die 19-jarige Clarece Scholtz, wat verlede jaar met akute limfoblastiese leukemie gediagnoseer was,voel ook al so, maar, in haar geval is by die huis bly in hierdie tyd, die verskil tussen lewe en dood.

Sy het vertel dat sy die inperkingstydperk baie goed benut het deur haarself besig te hou met die voltooiing van haar take (vir haar diploma) en rekenaarspeletjies te speel. “Ek het ook tussen alles deur videos gemaak en vir my balletstudente gestuur, sodat hulle ook nie sou agter raak met hul lesse nie,” het sy gesê.

Maar, alhoewel sy haarslef tog produktief kon besig hou was daar wel een ding wat sy baie gemis het, en sy het vertel, “Ek het wegneemetes met my hele hart en siel gemis! Maar, gelukkig mag ek nou weer koop!”

Clarece het gesê dat die feit dat daar nogsteeds mense is wat nie die inperkingsregulasies nakom nie en ook dink die virus is nie so groot bedreiging nie, maak haar kwaad,”Ja, as mense na my kyk, sal hulle malik sê ek hetniks om bekommerd oor te wees nie, aangesien ek, volgens my ouderdom, nie in die risioko-kategorie val nie. Maar, wat hulle vergeet, is dat ek, as gevolg van die kanker, ‘n swak imuunstelsel het, en enige kiem my dodelik siek kan maak.”

Sy het bygevoeg dat, al voel mense die virus is nie so groot gevaar vir hulle nie, hulle tog die regt ding moet doen en by die reëls hou, sodat ander mense (vir wie die virus lewensgevaarlik kan wees) se lewens gered kan word.
Clarece is tans in remissie, en ontvang nie meer chemoterapie nie, maar, sy moet nogsteeds gereeld besoek by die hospitaal aflê vir haar medikasie en ondersoeke, en sy het gesê, “Behalwe vir die feit dat ons nou moet maskers dra, permitte moet hê en meer hande moet skoonmaak, het die hospitaal roetine nie so baie verander nie.”

Haar raad aan ander gedurende hierdie tyd is om seker te maak jy het ‘n masker wat gemaklik pas, aangeisen jy dit vir nog ‘n hele rukkie gaan moet dra. “Maak ook seker jou masker is heeltemal oor jou neus en mond; hierdie half-bedekte gesigte help jou net mooi niks nie. Was jou hande met enige seep of met hand reiniger en bly weg van ander. As jy nie n masker het nie dan bly maar by die huis want jy versprei kieme,” het sy by gevoeg.

Clarece glo ook dat jy in hierdie tyd moet wegbly van negatiewe dinge en moet waak daarteen om nie alles wat op sosiale media versprei word te glo nie. “Ek neem wel kennis van alles maar laat nie toe dat dit my kalmte affekteer nie. Ek probeer ook om nie na alles wat vir my aangestuur word te kyk nie, want die meerderheid daarvan is of net snert of nsommer net opgemaak. Ek voel daar is nog baie misinformasie wat rondtes maak op die internet, maar die inligting wat oor die televisie vir mense gegee word is darem goed, omdat dit ook meer inligting is oor hoe om nie die virus te versprei nie, nie net oor die virus self nie,” het sy gesê.

Sy meen dat mense hierdie tyd produktief moet gebruik, “Probeer ‘n nuwe stokperdjie, jy mag dalk goed wees daarin. Doen maklike doen-dit-self projekte; dit is volop op die internet. Daai groot skoonmaak wat jy al so lank uitstel? Nou is die tyd om dit te doen! Doen oefeninge of skuif jou huis se meubels rond om ‘n nuwe, vars look te kry. Kry jou kinders, of die wat saam met jou in die huis bly in hierdie tyd, om vir jou iets nuuts te leer en maak sommer ‘n uitdaging daarvan. Daar is so baie dinge om besig te bly, mens moet net uit die boks uit dink.”

Maar, ongelukkig het die inperking ook ‘n groot finasiële impak op hulle gesin, aangesien Clarece die laaste paar maande die enigste een was wat ‘n inkomste verdien het. “Nou dat die balletskool toe is, sukkel ons maar. Ons koop maar in gedeeltes. Een maand probeer ons die kos, souse, en badkamer dinge uit te sorteer en dan weet kos en skoonmaak produkte, maar ons kom maar oor die weg met die minimum. My ma probeer ook help deur beskuit te bak,” het Clarece vertel.

Sy het afgesluit deur almal wat al hulp aangebied het te bedank asook elkeen wat hulle ondersteun, “Daar is ‘n Backabuddy page wat my ma vir my gaan skep het, en ek wil vra dat, as daar enige iemand is wat graag wil help, daar ‘n donasie sal gaan maak. Alle donasies sal aangewend word vir die noodsaaklikhede wat ons nodig het.”

Om ‘n donasie te maak, gaan na https://www.backabuddy.co.za/champion/project/clarece-scholtz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button