AdvertorialBusinessNews

Sonja Smith Funeral Group open deure in Roodepoort

Marisca wil mense wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, op ‘n besondere wyse bystaan en help

Sonja Smith Funeral Group (Edms) Bpk wat al 14 jaar in die bedryf is en takke regoor Gauteng het, het so pas hul sewende franchise geopen, dié keer in Roodepoort onder leiding van Marisca en Chris de Beer.

Daar is ook reeds gevestigde franchises in Benoni, Fourways, Meyerspark, Midstream, Montana en die Moot in Pretoria. Sonja besit ook nog twee takke van haar eie in Centurion en Moreletapark. Die Roodepoort-franchise het twee kantore – een by Mimosastraat 34, Wilropark en die ander by Groenewaldstraat 1, Floridapark. Marisca en Chris se passie vir familie en omgee vir mense maak dat hulle ‘n natuurlike keuse was om dié suksesvolle begrafnisgroep aan die Wes-Rand te verteenwoordig.

Marisca wil mense wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, op ‘n besondere wyse bystaan en help. Haar sagte hart straal deernis en empatie uit. Chris sal seker maak dat die liggaamlike oorskot van oorledenes met respek en waardigheid versorg word in hul splinternuwe, moderne privaat lykshuis.

Met hul sagte benadering van omgee, sorg, deernis en empatie bring die groep ‘n anderste warmte na ‘n koue, kliniese omgewing. Hier kan jy kies of jy ‘n groen- of aandbegrafnis wil hê. Hulle doen ook Living Funerals vir diegene wat terminaal siek is en wil afskeid neem terwyl hulle nog leef … Die lewenslêer is ‘n topverkoper en ‘n nuttige hulpmiddel om jou sake in orde te kry. Hier kan jy al jou persoonlike dokumente liasseer – van jou testament, huweliksvoorwaardekontrak, versekeringspolisse, motorvoertuigregistrasiedokumente tot jou digitale nalatenskap.

Hul missie is om troos te bring deur professioneel met hul kliënte om te gaan vanaf die oomblik van afsterwe, deur die tref van begrafnisreëlings tot by die uitvoer daarvan, terwyl alle wetlike regulasies streng nagekom word. Die visie van die groep is om die voorkeurdiensverskaffer te word in die begrafnismilieu, en ‘n nasionale voorloper te wees met betrekking tot dienslewering.

Wat dié groep die eerste keuse onder kliënte maak, is die feit dat hulle ‘n professionele, persoonlike eenstopdiens lewer waar jy nie net ‘n nommer is nie. Hul betrokkenheid by die gemeenskap is ongeëwenaar in die begrafnisbedryf. Marisca, as toegelate prokureur, kan verdere persoonlike en professionele dienste soos die opstel van testamente, boedelbereddering en bystand met Padongelukkefonds-eise lewer.

Sonja is tans gewikkel in ‘n waterskeiding konstitusionele uitdaging oor miskrame en stilgeboortes in Suid-Afrika. Sy het ‘n niewinsgewende organisasie, The Voice of the Unborn Baby geregistreer, wat hulself daarvoor beywer dat ouers die keuse gegun moet word oor wat met hul baba (fetus) se stoflike oorskot moet gebeur ná afsterwe, indien doodgebore vóór 26 weke van gestasie. Tans word hierdie liggaampies ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing as mediese afval geklassifiseer!

Hierdie baanbrekerhofsaak is op 14 en 15 November 2019 in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor en Sonja wag op die uitspraak.

Vir meer inligting en om die Lewenslêer Inhoudsopgawe af te laai, besoek gerus www.sonjasmith-funerals.co.za. Marisca en Chris de Beer kan te alle ure by 010 300 9055 of 060 974 4877 gekontak word, of stuur ‘n epos na roodepoort@ssfg.co.za.

Related Articles

Back to top button