Kruinpark-orkes is op soek na nuwe lede

Die orkes is op soek na lede wat trekklavier, banjo, of enige ander instrument kan speel om by die groep aan te sluit.

Die Kruinpark-orkes is op soek na nuwe lede om hul vrolike musiek weer in die Kruinpark Aftree-oordrestaurant te laat weerklink.

Die orkes, wat al jare saam speel, bestaan nou uit net vier lede nadat van die lede afgetree het. Die groep wil graag steeds met hulle stokperdjie voortgaan, en hoop om nuwe lede te kry.

Johan Vorster, lid van die orkes, het ‘n groot passie vir musiek en nooi almal wat belangstel om deel van ‘n goeie gesels- en musiekgroep te word. Johan het ook ‘n baie unieke musiekinstrument waaraan hy ‘n jaar en ‘n half gewerk het. Hy noem dat die instrument ‘n tipe kitaar is wat bestaan uit olieblikke, snare, hout en ander materiale.

Die orkes is op soek na lede wat trekklavier, banjo, of enige ander instrument kan speel om saam met hulle die gehoor te vermaak. Hulle oefen elke Donderdagmiddag om 2nm by die Kruinpark Aftree-oord.

Diegene wat belangstel kan vir Susan en Johan Vorster kontak by 011 768 7876.

Exit mobile version