NewsSchools

Kruiners lewer puik toesprake by Kletskous- en Aikônafees

Hul uitstekende toesprake het hul deelname aan die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie verseker.

Laerskool Helderkruin spog vanjaar met 18 leerders wat ‘n groot indruk op gehore by die Kletskouskarnaval en Aikônafees gemaak het.

Die Kruiner-redenaars het die beoordelaars se asems weggeslaan met hul uitstekende toesprake, en is gekies om aan die volgende rondte van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se redenaarskompetisie deel te neem.

Louis Barnard is die jongste Kletskous-redenaarslid wat deurgedring het. Foto: Halisje Crous.

Graad 2- tot 3-leerders het aan die Kletskouskarnaval deelgeneem, en Louis Barnard, Hailey Keys, Dunay Nel, Sume van der Merwe, Mika Stander en Muller Potgieter het vir deelname aan die ATKV-kampioenskappe gekwalifiseer.

Leerders van Graad 4 tot Graad 7 het aan die Aikônafees deelgeneem en na hul wonderlike prestasies sal Minke Cronjé, Jayden Barker, Danica Rutherford, Leané Nortjé, Esti Kotzé, Keegan van Schoor, Estée-Mari Smit, Megan Keys, Dané Herselman, Alexander Galatis, Megan Hanekom en Genna Labuscagné aan die ATKV-kompetisie deelneem.

Related Articles

Back to top button