Local newsNews

Johanitas weer volstoom aan die gang

Die lede kom elke derde Dinsdag van 'n maand by die Wilropark Aftree-oord bymekaar.

Die Johanitas Klub het die begin van die nuwe jaar met hulle eerste maandelikse kletspraatjiebyeenkoms op 18 Februarie gevier.

Die vroue het lekker aan die eetgoed gesmul, terwyl hulle oor die vakansiegebeure geseld het. “Ons is ‘n tweetalige, niewinsgewende organisasie wat Christelik georiënteer is. Ons leuse is, ‘Wees Jouself’,” het Linda Simpson, voorsitter van Johanitas gesê.

Die Johanitas wag om die eerste byeenkoms af te skop. Foto: Amy Slocombe.

 

Deur die loop van die jaar word gassprekers na hul maandelikse vergaderings genooi, hulle gaan op twee avontuuruitstappies en vele meer.

Die lede kom elke derde Dinsdag van ‘n maand by die Wilropark Aftree-oord bymekaar. “Enige lede wat by die Johanitas wil aansluit is welkom,” het Linda bygevoeg.

Lenie Kruger en Helen du Toit.

Vir meer inligting, en om deel te word van die Johanitas-pret, kontak gerus vir Linda by 082 804 2931.

Related Articles

Back to top button