Die eerste dag van vroeg opstaan, tassie pak, en swart skool skoene aan trek, het op die 15 Januarie vir die jaar se nuwe graadeen-paddabeentjies aangebreek.
Laerskool Dr Havinga het hulle nuwe Graad 1-maatjies met oop arms verwelkom. Alhoewel daar ‘n paar maats was wat ‘n traan gestort het, het die meerderheid die Havie-gees dadelik aangeneem.
‘n Mens sou die onderwysers kon vergewe as hulle dalk gedink het daar is fout met hul visie, aangesien daar ses stelle tweelinge hul skoolloopbaan by die Havies afgeskop het.
Die gesiggies was te pragtig, en kon nie wag om voor die kamera te staan vir ‘n foto toe die Record-joernalis by die Graad 1’s se deur in stap nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.