Local newsNewsUpdate

Vegter kort dringend hulp

Gemeenskap word gevra om die vegter se nodige medies te help

Brodie Snyman se ouers, Louise en Shaun, het vroeër vandag op Brodie se Facebook-blad, Brodie Snyman’s Journey, ‘n dringende versoek geplaas vir hulp.

Weens finansiële omstandighede, is klein Brodie se mediese fonds drie maande agterstallig, en, om die medies te kan behou, word daar van hulle verwag om teen vanmiddag, 16 Januarie, die uitstaande bedrag te betaal. Die spertyd is 5nm. Volgens Louise, benodig hulle nog R3 800.

Lees meer oor Brodie hier:

https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2019/10/03/familie-hoop-op-nog-n-mylpaal-vir-brodie/

“Sou ons nie die uitstaande bedrag teen vanmiddag kan betaal nie, sal ons die medies verloor en dan op ‘n waglys geplaas word sou ons weer by ‘n mediese fonds wou aansluit. Die gemiddelde wagtydperk is ongeveer ‘n jaar. Enige donasies sal baie waardeer word, al is dit ook net R10,” het die boodskap gelees.

Vir meer inligting, of om ‘n donasie te maak, om die klein vegter te help, kontak vir Louise by 084 457 7050 of Shaun by 061 387 2301.

Alternatiewelik, besoek sy Facebook-blad by https://www.facebook.com/brodiesnymanjourney/posts/482463468985546.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button