Kers- en Karskoumakietie op Florries-sportterrein

Wat kan nou lekkerder wees as 'n karskou en Kersmark?

Wat kan nou lekkerder wees as om die Kerstyd vroeg saam met die gemeenskap by Hoërskool Florida se Kersmark en Karskou te vier?

Toegang beloop slegs R30 per motor, en besoekers sal deur die produkte van meer as 50 verskillende stalletjies kan snuffel tydens die mark wat op 9 November van 9vm tot 1nm plaasvind. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid klassieke motors uitgestal word. Dit gebeur alles op Hoërskool Florida se sportterrein en beloof om groot pret te wees. Wie weet, dalk kry jy al jou Kersgeskenke vir die hele familie sommer net daar.

Diegene wat hul unieke motor wil inskryf of ‘n- stalletjie wil huur, kan ‘n epos na florida.kersmark@gmail.com stuur om ‘n aansoekvorm aan te vra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version