Nog ‘n titel vir Bastion se wiskundeblitsbrein

Die wiskundeslimkop het sy Abucus-reis met 'n groot prestasie voltooi

 

JC Roux, ‘n Graad 8-leerder van Hoërskool Bastion, het Suid-Afrika by die jaarlikse Global Association of Japanese Soroban and Mental Arithmetic (GAJSMA) Abacus Maths Wêreldkampioenskappe verteenwoordig.

Aangesien JC die kaptein van die Suid-Afrikaanse span was, was die eer syne om die SA-landsvlagdraer te wees. Deelnemers van 19 lande het met mekaar gekompeteer om uiteindelik met die kampioenetrofee te probeer wegstap. Hierdie trofee het aan die onoorwonne JC behoort, wat aan die einde van die toernooi as die wêreldkampioen aangewys is.

Hy het ook die trofee as toppresteerder ontvang.

Exit mobile version