Roodies skitter by eerste Toneelfees

Roodies-toneelgroep en spreekkoor presteer tydens hulle eerste deelname

 

Laerskool Roodekrans het baie goed presteer met hulle eerste deelname aan die ATKV-Tjokkertoneelfees wat op 20 en 21 September by Hoërskool Noordheuwel plaasgevind het.

Roodies se Graad 5- en Graad 6-spreekkoor en Tjokker-toneelgroep het teen skole van reg oor die provinsie deelgeneem en hul staal gewys. Die Senior Tjokkertoneel-groep was die eerste groep wat hierdie kompetisie ingelui het met hul opvoering van Kassandra en die Bendehuis.

Die groep tydens hulle opvoering.

Die Graad 5- en Graad 6-spreekkoor het ‘n silwersertifikaat by die fees ontvang en in die Top 3 geëindig. Die tegniese span, waarvan Leani Swanepoel ‘n lid is, het ‘n gouesertifikaat vir hul werk ontvang.

Die toneelspanne en spreekkoor is afgerig deur Mariki Knop, wat die teks geskryf het en die spelleiding gedoen het.

Exit mobile version