Babas, staan reg vir ‘n kiekie

Staan jou baba 'n kans om die prys as die vriendelikste baba te wen, of is jou kleinding gelukkig genoeg om die gelukstrekking te wen?

 

Ouers word uitgenooi om hul pragtige babas tussen die ouderdom van ses maande en drie-en-‘n-half jaar oud in te skryf vir die jaarlikse El Cupid Babakompetisie.

Hierdie jaar sal dit die 11de maal wees dat El Cupid hul babakompetisie ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) aanbied. Die kompetisie word op 26 Oktober gehou en begin om 8vm.

Staan jou baba ‘n kans om die prys as die vriendelikste baba te wen? Foto’s: Pixabay.

Ouers kan hulle kleingoed in verskillende kategorieë inskryf, naamlik ses tot 12 maande; een tot twee jaar; en twee tot drie-en-‘n-halfjaar. Daar sal ‘n eerste prys in elke ouderdomsgroep en ‘n prys vir die vriendelikste baba wees. Daar sal ook gelukstrekkings gedurende die dag plaasvind.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by El Cupid se kantore, Beginstraat 9, Krugersdorp-Noord. Die foto’s kan per epos gestuur word na info@elcupidestates.co.za of per hand by die kantoor afgelewer word. Foto’s sal ook op die perseel geneem word.

Skryf jou baba vir die kompetisie in, want wie nie waag nie, sal nie wen nie.

Die sluitingsdatum is 22 Oktober. Vir enige inligting of navrae, kontak 011 953 4115 of vir Sonia by 083 978 7892.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version