NewsSchools

Roodepoort-atleet ook ‘n model van formaat

Sy staan ook 'n kans om haar talent in New York te gaan ten toon stel

 

Nikalye Human is as vanjaar se Gesig van Figures Model aangewys nadat sy tydens ‘n modelkompetisie as die wenner in haar ouderdomsgroep (sewe tot nege jaar) gekroon is.

DiĆ© leerder van Lantern Skool se grootste droom is om eendag verder te studeer en in Thailand te reis. Vanjaar was ‘n groot jaar vir Nikalye wat ook op sport- en kultuurgebied presteer het.

Sy was die kampioen in die 60m-naelloop op interhuis- en interskolevlak, en is as Mej Lantern Junior asook Figures Models se Mej Fotogenies aangewys.

Dit het vir haar die geleentheid gegee om haar talent tydens ‘n kompetisie op die passasierskip MSC Rhapsody ten toon te stel. Indien sy daar goed vaar, kan sy later aan die Internasionale Model en Talent Assosiasie se kompetisie in New York deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button