NewsSchools

Damestee vol denim en diamante by Bastion

'n Gewilde restaurant in Cradlestone Mall het die dames verras deur aan 100 gelukkige dames ‘n geskenkbewys te oorhandig

 

Hoërskool Bastion se gewilde damestee is weer op 3 Augustus in hul skoolsaal aangebied. Die tema was Denim en Diamante.

Bastion se wenkoor het die gehoor met ‘n asemrowende optrede betower, waarna die meisies van Bastion hul pragtige aandrokke tydens die modeparade vertoon het.

Hoërskool Bastion se wenkoor. Foto: Verskaf.

Gasspreker, Yolande Korkie, wat ‘n paar jaar gelede in Yemen saam met haar man gevange gehou is, het haar storie met die gehoor kom deel. Almal het aandagtig na haar motiverende praatjie geluister.

Hoërskool Bastion se versierde saal. Foto: Verskaf.

Daarna het Ria Hugo met haar engelstem die gehoor betower. Die eregas, Sonja Eloff, wat ‘n finalis in die Mrs Africa Pageant 2019 is, het die gelukstrekking behartig en die geskenkbewyse aan die wenners oorhandig.

Related Articles

Back to top button