Local newsNews

Witpoortjie-entrepreneur betree die besigheidswêreld

'n Graad 7-leerder het vanjaar sy eie funksie namens 'Red Balloon' bekend gestel.

 

Michel-Angelo Swanepoel, ‘n Graad 7-leerder van Laerskool Dr Havinga, het vanjaar die besighediswêreld as ‘n entrepreneur betree.

Hy het sy eie funksiemaatskappy, ‘Red Balloon’ op die been gebring en hoop om die besigheid met die hulp van sy ouers te laat groei.

Michel-Angelo het besluit om hierdie besigheid by sy skool se jaarlikse entrepreneursdag aan sy medeleerders bekend te stel, en dit was ‘n groot sukses.

Om alles te kroon, het heelwat besighede ook sy potensiaal raakgesien en het deur middel van prysskenkings en donasies hom gehelp om sy entrepreneursdagdroom te bewaarheid. Hierdie pryse het ook gehelp om die leerders na sy stalletjie te lok waar hulle met sy handgemaakte speletjies kon speel sodat hulle name in die gelukstrekking vir die groot pryse in aanmerking kon kom.

Michel-Angelo het besluit om die groot prys saam met Mej Randfontein by Cowboy Town aan die gelukkige wenner te oorhandig, waar hy ook Sondae sy speletjies uitstal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button