Immergroen Senior Burgerklub is terug

Aktiwiteite sal weer in September hervat word.

 

Die Immergroen Senior Burgerklub sal binnekort weer hul aktiwiteite hervat.

Weens herstelwerk aan die Discovery Ontspanningsentrum is dié aktiwiteite in Januarie gestaak. Klubvoorsitter, Mariana Venter, het gesê, “Die herstelwerk aan die sentrum het heelwat langer geneem, maar ons glo dat dit wel teen 6 September beskikbaar sal wees.”

Sy nooi alle senior burgers hartlik uit om die vergadering om 9.30vm by te woon. Vir verdere inligting, kontak Mariana by 082 444 0173.

Exit mobile version