Local newsNews

Roodepoort-buurtwaglede ontvang noodhulpsertifikate

Hulle gaan saam met nooddienspersoneel werk om praktiese ervaring op te doen

 

Tien lede van Afriforum se Roodepoort-buurtwag het onlangs hul Vlak 3 Noodhulpopleiding voltooi.

Dié lede het die afgelope ses naweke die opleiding bygewoon wat Johan Coffee, ’n AfriForum-lid van QRS en Ingozi Medicals aangebied het. Hulle het na afloop van die opleiding elkeen ‘n sertifikaat ontvang.

Om hulle te help om ook praktiese ervaring op te doen, sal hulle tydelik saam met die nooddienspersoneel in die omgewing werk.

“Hierdie noodhulpopleiding is uiters belangrik vir vrywillige lede wat hul lewens elke dag op die spel plaas om hul gemeenskappe te beveilig,” het Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand gesê.

Hy het bygevoeg dat die opleiding wat die buurtwaglede ontvang het, hulle ook sal bemagtig om ingeligte besluite te neem wat ’n slagoffer se lewe kan red.

“AfriForum se Roodepoort-tak kry daagliks met padongelukke te doen en is die meeste van die tyd eerste op dié tonele. Met hierdie noodhulpopleiding sal die buurtwaglede slagoffers kan stabiliseer tot die nodige nooddienste op die toneel opdaag,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button